Back

2 Bedroom Townhouse For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
R 899000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Townhouse
Erf Size 250 m2
Levies R 4162
Listing Date September 09, 2026
Floor Size 75 m2
Rates and Taxes R 800
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Pragtige Grasdakhuis te Koop in Gesogte Oog Aftreelandgoed.

Sjarmante en gerieflike aftree-opsie in 'n gevestigde omgewing. Hierdie lieflike grasdakeiendoms is perfek geleë in die hoogs gesogte Oog Aftreelandgoed.

Die eiendom is stapafstand vanaf al die landgoed se uitstekende fasiliteite en bied 'n rustige, sorgvrye leefstyl in 'n spoggerige, gevestigde area.

Vir absolute gemoedsrus werk die landgoed in vennootskap met die SAVF om professionele en bekostigbare mediese sorg direk op die perseel te bied. Professionele ondersteuning kan ook op versoek direk in die gemak van jou eie huis gelewer kan word.

Die eiendom bied:
-2 Ruim slaapkamers met oorgenoeg ingeboude kaste.
-Moderne kombuis toegerus met 'n praktiese gasstoof, oond en netjiese afwerkings.
-Oopplan-leefarea met die gesellige atmosfeer wat net 'n grasdak kan bied.
-Volledige badkamer met beide 'n bad en 'n stort.
-Enkel motorafdak wat veilige skuiling vir jou voertuig bied.
-Buite-kuierarea wat perfek is vir oggendkoffie of om die rustige omgewing te geniet.

Hierdie eiendom kombineer die unieke karakter van 'n grasdak met moderne geriewe, topvlak mediese sekuriteit en die rustigheid van die Bosveld. Ideaal vir diegene wat op soek is na vrede, gerief en 'n hegte gemeenskap.

Kontak ons vandag nog om 'n privaat besigtiging te reël!

  • Pool
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Pets Allowed
  • Flooring: Tiles

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent