Back

2 Bedroom Townhouse For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
R 1100000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Townhouse
Erf Size 350 m2
Levies R 4200
Listing Date September 08, 2025
Floor Size 84 m2
Rates and Taxes R 670
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Pragtige 2 slaapkamer woning by Die Oog Aftree-Landgoed.

Knus aftree huis in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie is ‘n baie eksklusiewe, privaat losstaande eiendom in ‘n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoë bome. ‘n Ryk voël lewe en wildsbokkies wat in die groot gemeenskaplike area kom kuier.

Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die leefarea is apart van die oopplan kombuis.

Pragtige moderne kombuis met genoeg soliede hout kaste, graniet blaaie, gasstoof - en elektriese stoofblad met plek vir ‘n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n regop yskas/vrieskas kombinasie. Die hart van die kombuis het 'n granietblad eiland met sitplek vir ses. Daar is meer as genoeg elektiese proppe.

Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met 'n dak waaier en genoeg ingeboude kaste. Die badkamer bestaan uit ‘n stort, toilet, ingeboude wasbak en is geteel tot teen die dak. Die tweede slaapkamer is langs die kombuis gelee. Die tweede badkamer bestaan uit 'n bad, toilet en 'n wasbak.
Aangrensend tot die sitkamer is 'n studeurkamer wat ook as 'n naaldwerkkamer gebruik kan word.

'n Stel trappe uit die tweede slaapkamer lei na 'n ruim loft wat huidiglik slaaplek bied vir 3 mense. Ideaal as die kleinkinders kom kuier.

Buite die sitkamer is 'n grasdak stoep met 'n ingeboude braai. Die stoep het ook seile wat toegemaak kan word.

Die tuin is klein en baie netjies.

Daar is twee afdakke vir twee voertuie. Die een afdak is halfpad toegebou met 'n netjiese muurtjie.

Die woon eenheid is baie sentraal geleë, stapafstand van die sorgsentrum en restaurant, swembad, tennisbane en meer fasiliteite om van te droom.

Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!

  • Pool
  • Retirement Property
  • Study
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent