Back

Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Western Cape

Anria Gerber - jPg1.webp
Anria Gerber Agent - Western Cape

Ek is Anria Gerber, 'n ervare eiendomspesialis in die eiendomsbedryf sedert 2005. Dan spesialiseer ek ook as afslaer in vrywillige veilings wat strek oor 'n wye spektrum van eiendomstipes, insluitend residensieel, landbou en veral kommersiële eiendomme.

Met 'n deurslaggewende suksesrekord, het ek bewys dat ek in staat is om suksesvolle veilings te fasiliteer en kliënte se verwagtinge te oortref.

My kwalifikasies stel my in staat om kliënte op 'n professionele en ervare wyse by te staan, en my agtergrond as 'n nie-praktiserende prokureur verseker dat ek die nodige regskennis het om elke transaksie met die hoogste integriteit te behartig.
Wanneer jy my dienste gebruik, kan jy verseker wees dat jou eiendomstransaksies in die veiligste hande is.