Hierdie ruim en netjiese familiehuis is ideaal geleë in Burgersdorp en bied uitstekende waarde sowel as potensiaal vir verdere ontwikkeling.
Die woning beskik oor 3 slaapkamers met ingeboude kaste, 2 gerieflike sitkamers en ‘n eetkamer wat ideaal is vir familiebyeenkomste.
Die ruim kombuis word aangevul deur ‘n aparte opwas area, wat praktiese daaglikse gebruik vergemaklik.
Vir onthaal bied die huis ‘n binne braai-area met kroeg en wynrak – perfek vir gesellige kuieraande.
Die groot erf bied volop ruimte vir kinders en troeteldiere, asook die potensiaal vir verdere ontwikkeling.
Buite geriewe sluit in ‘n braai-area, JoJo tenks en ‘n boorgat wat aandag benodig.
Parkering word voorsien deur 2 motorhuise en 2 motorafdakke, terwyl ‘n stoorkamer en afdak ekstra stoor- en werkspasie bied.
Hierdie eiendom bied ‘n uitstekende geleentheid vir kopers wat op soek is na ruimte, gerief en die potensiaal om waarde toe te voeg.
Area ratings do not reflect Qwengo's opinion or view. This information is provided by third parties.
| Consume | Value spend |
|---|---|
| Deposit (R) | 17 |
| Payment term (R) | 25 |
| Interest rate (R) | 3 |
Monthly Total
Mortgage
Purchase price
Deposit 10%
RPayment term
20 yearsInterest rate
11.5%Your payment
R / mo.