Back

2 Bedroom Townhouse For Sale in Pretoria

Pretoria
R 4250000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Townhouse
Erf Size 750 m2
Levies R 0
Listing Date March 11, 2026
Floor Size 122 m2
Rates and Taxes R 2588
Details
Video
Map
Street view
Local info

Property description

Luukse Hoekwoning met Stylvolle Ontwerp in Waterkloof Marina

Ervaar ’n leefstyl waar styl, gerief en rustigheid perfek saamvloei. Hierdie uitsonderlike hoekwoning is met sorg ontwerp om ruimheid, lig en moderne elegansie te kombineer. Die woning het 'n uitsonderlike uitsig oor die dam en die omgewing. Dit is baie privaat en in 'n stil fase van die landgoed.

Die woning bied ruimer leefareas, ruim kasruimte en ’n aparte stoorkamer, alles afgerond met moderne, hoëgehalte afwerkings en ’n vars, tydlose estetika wat ’n gevoel van lig en ruimte skep.

Groot aluminium glas-voudeure laat natuurlike lig deur die huis stroom en skep ’n naatlose vloei tussen die binnenshuise leefruimtes en die buitelug – ideaal vir gemaklik leef en onthaal. Die groter motorhuis bied ekstra praktiese ruimte en gerief.

Die woning het 'n 8 kva sonkragstelsel met twee 5.12 kva lithium batterye. Twee 1000 liter watertenks met 'n filter verseker dat watertekorte maklik die hoof gebied kan word.

Hierdie woning is ’n uitstaande geleentheid vir kopers wat op soek is na ’n elegante en sorgvrye aftree lewenstyl.

Eksklusiewe Landgoedgeriewe:

Inwoners geniet ’n veilige en gemaklike leefomgewing met:

24-uur sekuriteit en wagpatrollies

Paniekknoppie en noodondersteuning

Pendeldiens vir inwoners

Waterverbruik is ingesluit

Vullisverwydering

Elke woning beskik oor:

Sonkrag-ondersteunde geyserstelsel

Voorafbetaalde elektrisiteit

Belangrike infrastruktuur soos sekuriteitstelsels en hysbakke word deur noodkragopwekkers ondersteun.

Ontspanning en Natuur

Waterkloof Marina bied ’n uitsonderlike leefstyl waar natuur en ontspanning deel vorm van die daaglikse lewe.

Inwoners het toegang tot:

Verhitte binnenshuise swembad

Mini-gimnasium

Ruim park- en groenareas

Gemeenskaplike grasperke met braaigeriewe

’n Pragtige 6 hektaar dam met voëllewe en wild

Hengelareas (vang-en-vrylaat)

Roeibote

3 km stap- en fietsroetes

Biblioteek en ontspanningsgeriewe

Leefstylsentrum

Die moderne leefstylsentrum bied ’n verskeidenheid geriewe, insluitend:

Waterfront koffiewinkel

Ete-afleweringsdiens

Ontspanningsaal

Haarsalon en skoonheidsalon

Mediese spreekkamers

Wasserydienste en kiosk

Tuisversorgingsdienste

Daar is ook uitstekende gesondheidsfasiliteite:

30-bed verswakte sorg-eenheid

16-bed demensiesorg-eenheid

Karavaanparkering is ook beskikbaar vir inwoners.

Aktiewe Gemeenskapslewe

Die landgoed bied ’n verskeidenheid aktiwiteite wat ’n lewenslustige en sosiale gemeenskap ondersteun:

Handwerk • Skaak • Water-aerobiese oefeninge • Lyn-dans • Jukskei • Houtwerk • Joga • Pilates • Voëlkyk • Hidro-fisioterapie • Kaartspeletjies • Brugklub

Addisionele Maandelikse Kostes

Kombuisheffing / etebewys: R689

Data- en stem-pakket (150 Mbps, onbeperk): R510

Troeteldiere

Die landgoed is troeteldier-vriendelik (onderhewig aan goedkeuring).
Katte word ongelukkig nie toegelaat nie.

📞 Kontak Zeno Venter vandag om ’n privaat besigtigingsafspraak te reël en hierdie uitsonderlike leefstyl self te ervaar.

  • Pool
  • Retirement Property
  • Store Room
  • Patio
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed
  • Flooring: Tiles
  • Walling: Fully Walled

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent