Back

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
R 1950000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type House
Erf Size NA
Levies R 4600
Listing Date July 09, 2026
Floor Size 128 m2
Rates and Taxes R 1250
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Moderne, energie-doeltreffende woning in 'n veilige aftreeoord? Hierdie besonder netjiese 3-slaapkamer, 2-badkamer woning in die gewilde Die Oog Aftree Landgoed" bied die ideale kombinasie van gerief, ruimte, veiligheid en rustige Bosveld-leefstyl.

Kom ervaar die lig en ruimte van die oopplan-sit- en eetkamer, waar familie en vriende saam nuwe herinneringe kan skep. Die praktiese kombuis met ruim kasruimte maak daaglikse lewe maklik en aangenaam.

Die woning beskik oor drie ruim slaapkamers, waarvan twee met pragtige houtvloere afgewerk is en die derde netjies geteël is. Die hoofslaapkamer het 'n en-suite badkamer en skuifdeure wat na die privaat tuin oopmaak – die ideale plek om elke oggend die rustige Bosveld-atmosfeer te geniet.
'n Tweede badkamer voorsien gerieflik in die behoeftes van familie en gaste.
'
n Groot pluspunt van hierdie woning is die 8kW sonkragstelsel met 'n 20kW batterypak. Hierdie waardevolle toevoeging bied betroubare rugsteunkrag, verlaag elektrisiteitskoste en verseker gemoedsrus – 'n uitstekende belegging vir die toekoms.

Verdere kenmerke:

Enkelmotorhuis.

Dubbele motorafdak.

Binnebraai vir gesellige onthaal deur die jaar.

Plafonwaaiers.

Gehalte-afwerkings.

Ruim ingeboude kasruimte.

Netjiese, privaat tuin.

Om te kan deel en te woon in hier die Alternatiewe Aftree Landgoed beteken om deel te wees van 'n veilige, leefstylgerigte gemeenskap waar u elke dag die Bosveld se natuurskoon en ander aktiwireite kan geniet.

Of u nou wil afskaal sonder om op ruimte en gerief in te boet, of op soek is na 'n veilige aftreewoning met moderne energiebesparende eienskappe, hierdie instapklare woning bied uitsonderlike waarde.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Skakel vandag nog om 'n privaat besigtiging te reël en ontdek die unieke leefstyl wat Die Oog Aftree Landgoed bied.

  • Pool
  • Patio
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed
  • Flooring: Tiles, Wood
  • Walling: Partly Walled

Request property details from All About Homes - Head Office

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent