Back

3 Bedroom House For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
R 1700000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type House
Erf Size 350 m2
Levies R 4600
Listing Date April 25, 2025
Floor Size 128 m2
Rates and Taxes R 1400
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Pragtige Aftree Huis in die hartjie van die Bosveld in Die Oog Aftree-Landgoed.

Hierdie is ’n baie ekslusiewe eiendom in ’n uitmuntende toestand, pragtige afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskoon natuur om jou, omring deur bome, voëls en pratige wildsbokkies wat in jou tuin kom kuier.

Van die intrap slag word jy verwelkom deur die oop ruimtes van die huis, met sy baie hoë dak, die moderne afwerkings en die uitleg. Die sitkamer en eetkamer is oop plan wat na die kombuis toe gaan.

Pragtige moderne kombuis met baie ingeboude kaste, graniet blaaie, gasstoof, met ’n afsuigwaaier, elektriese oond en plek vir skottelgoedwasser en dubble deur yskas. Die wasmasjien en tuimeldroër is apart en is geinstalleer in die motorhuis wat deel uit maak van die huis. Daar is ook ‘n deur wat na die binnehof toe gaan met ’n wasbak trog en wasgoedlyn.

Die pragtige huis het 3 ruim Slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n skuifdeur wat na die privaat tuin toe vloei. Daar is baie ingeboudekaste met ’n en-suite badkamer, wat bestaan uit, bad, stort, ingeboude wasbak met kassie en toilet.

Die tweede en derde slaapkamer is ook ruim met baie ingeboude kaste. Die tweede badkamer word gedeel deur die twee kamers en dien dan ook as ’n gaste badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

Vir meer pak plek is die ingeboude gang/linnekas ideaal.

Vanaf die sitkamer is ’n skuifdeur wat vloei na die onthaal area met ’n ingeboude braai vir lekker onthaal en is toegemaak met sterk tent seile vir somer en winter se plesier.

Die eiendom het ’n enkel automatiese motorhuis wat direk in die huis in vloei. Daar is ’n dubbel motor afdak, ook toegemaak met seile vir meer beskerming vir wind en weer.

Bonus is die inverter en kragopwekker.

Die bosveld atmosfeer is ideaal as jy na stilte en rustigheid smag in ’n baie veilige gevestigde Lewens styl Aftree Oord.
Die oord is gemik op aktiewe lewenstyl met verskillende fasaliteite en aktiwiteite wat jou deel maak van ’n besondere gemeentskap, wat omgee.

Hierdie Aftree oord is baie gewild met ’n Gesondheidsentrum, frailcare, biblioteek, haarsalon, winkel, wegneem etes, dames kroeg, groot eetsaal, lieflike swembad net om ’n paar te noem.

Moet nie die geleentheid mis om so pragtige huis jou tuiste to kom maak nie.

Skakel my vandag nog.

  • Pool
  • Retirement Property
  • Store Room
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed
  • Laundry
  • Flooring: Tiles
  • Walling: Partly Walled

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent