Back

2 Bedroom House For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
R 1395000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type House
Erf Size 300 m2
Levies R 4500
Listing Date May 23, 2025
Floor Size 110 m2
Rates and Taxes R 1227
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Pragtige 2 slaapkamer woning by Die Oog Aftree-Landgoed.

Ruim aftree huis in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie is ‘n baie eksklusiewe, privaat losstaande eiendom in ‘n uitmuntende toestand met standard afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoë bome. ‘n Ryk voël lewe en wildsbokkies wat in die groot gemeenskaplike area kom kuier.

Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die sitkamer is apart met die oopplan kombuis wat in ‘n aparte eetkamer invloei.

Pragtige moderne kombuis met genoeg soliede hout kaste, graniet blaaie, gasstoof en plek vir ‘n skottelgoedwasser en dubbel deur yskas/vrieskas kombinasie. Daar is ook ‘n klein spenskas. Die wasmasjien en tuimel droër is in ‘n aparte opwaskamer aangrensend aan die huis. In die opwaskamer is ook ‘n wastrog en wasgoedlyn.

Die huis het twee ruim slaapkamers. Die hoofslaapkamer het ‘n sif skuifdeur, dak waaier en genoeg ingeboude kaste wat vloei na die en-suite badkamer wat bestaan uit ‘n stort, toilet, ingeboude wasbak en graniet blaaie.
Die tweede slaapkamer is ook ruim met genoeg ingeboude kaste. Aangrensend tot die tweede slaapkamer is ‘n badkamer met met ‘n stort, verwarmer, wasbak en toilet.

Vir meer pakplek is die linnekas ideaal.

‘n Studeerkamer met ingeboude rakke en werkspasies met ‘n aparte buite deur wat op die tuin uitloop, is ‘n bonus.

Vanaf die sitkamer vloei die onthaal area met ingeboude braai wat uitkyk oor die pragtige tuin en boomryke bosveld area. Die hele ontspannings area is sekuur met trellidor skuifdeure.

Daar is oorgenoeg pakplek met twee buite stoorkamers.

Die tuin is onlangs proffesioneel uitgelê met ‘n outomatiese besproeingstesel.

Wat energie besparing aanbetref is daar ses sonpanele, ‘n omsetter en twee litium batterye. Die huis is ook toegerus met ‘n hittepomp.
Daar is ‘n tandem afdak vir twee voertuie, wat toegemaak is met skadunet vir wind en weer.

Die woon eenheid is baie sentraal geleë, 50-meter van die sorgsentrum en restaurant, swembad en meer fasiliteite om van te droom.

Skakel my vandag om nie hierdie droom woning te mis nie!

  • Pool
  • Retirement Property
  • Study
  • Store Room
  • Patio
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed
  • Laundry
  • Flooring: Tiles
  • Walling: Partly Walled

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent