Back

2 Bedroom Townhouse For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
R 650000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Townhouse
Erf Size 250 m2
Levies R 3742
Listing Date August 10, 2025
Floor Size 50 m2
Rates and Taxes R 437.5
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Pragtige aftree woning te koop in Die Oog Aftree Oord.

Hierdie pragtige rondawel bied meer as net die gewone. Dis gerieflik en maklik onderhoubaar.

Die huis bied ‘n oop plan sitkamer met plek vir eetkamer en oop plan kombuis. Die kombuis het baie ingeboude kaste met graniet blaaie, wasbak en plek elektriese toebehore en yskas.

Die hoofslaapkamer is baie ruim met baie ingeboude kaste en skuifdeur na die tuin. Die badkamer het ’n stort, toilet en wasbak met pragtige ingeboude vanity onder wasbak.

Die eenheid het ’n loft wat vir ‘n tweede slaapkamer gebruik kan word as die kinders kom kuier en ook sy eie toitlet en wasbak en dan ook lekker stoorplek.

Bonus vir die warm maande is 'n verkoeling stelsel in die sitkamer. (Air conditioner).

Daar is ’n pragtige lapa wat seile het om toe te maak vir wind en weer en om lekker te kuier en te ontspan. Die tuin is ommuur vir jou hondjie wat veilig saam jou kan bly.

Daar is ’n afdak vir een motor.

Die eenheid is loopafstand na die gesondheidsentrum, die stoep met die eetsaal, restaurant, winkel, saal en swembad.

Die Oog aftree-landgoed is 'n unieke aktiewe leefstyl blyplek vir mense wat nie kans sien vir 'n tradisionele aftree-oord nie. Met sy natuurlike Bosveldomgewing, warm klimaat en wye verskeidenheid fasiliteite is Die Oog die ideale plek om af te tree. Die landgoed bied uitstekende waarde vir geld en met die fokus op aktiewe veroudering met al die fasiliteite, dienste en ondersteuningsprogramme wat daarmee gepaard gaan.

Skakel my vandag vir jou plek in die bosveld!

  • Pool
  • Retirement Property
  • Patio
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed
  • Flooring: Tiles
  • Walling: Fully Walled

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent