Back

2 Bedroom Townhouse For Sale in Mookgopong

Mookgopong, Limpopo
   POA   
Property Type Townhouse
Erf Size 250 m2
Levies R 4500
Listing Date November 24, 2025
Floor Size 86 m2
Rates and Taxes R 1227
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Netjiese aftree huis in die hartjie van die Bosveld.

Hierdie is ‘n netjiese, privaat losstaande eiendom in ‘n uitmuntende toestand met standaard afwerkings en baie meer as wat die foto’s kan wys. Met die wonderskone natuur om jou, omring deur groot hoë bome. ‘n Ryk voël lewe en wildsbokkies wat tussen die wooneenhede kom kuier.

Met die intrapslag omhels die warmte van die oop leefarea jou. Die leefarea is deel van die oopplan kombuis.

Pragtige moderne kombuis met genoeg kaste, graniet blaaie, 'n gasstoof en 'n elektiese oond met plek vir ‘n skottelgoedwasser en 'n regop yskas/vrieskas kombinasie.

Die huis het twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ruim met 'genoeg ingeboude kaste. Die en suitebadkamer bestaan uit ‘n stort, toilet, ingeboude wasbak en is geteel.
Die tweede slaapkamer vloei uit die leefarea uit en het ook ingeboude kaste. Die tweede badkamer, wat tot teen die dak geteel is, bestaan uit 'n stort, wasbak en het ook plek vir 'n wasmasjien.

'n Bonus is 'n klein werkskamer/studeerkamer wat uit die leefarea vloei.

Die leefarea is ruim en het genoeg plek vir 'n sitkamer - en 'n eetkamerstel.

Buite die sitkamer is 'n grasdak lapa met 'n ingeboude braai en 'n granietblad kassie.

Die aftree woning se uitstaande kenmerk is die ongelooflike mooi tuin. Daar is reuse bome, welige plantegroei en is gelee naby 'n droe rivierloop.

Daar is 'n 2 afdakke vir jou voertuie.

Die woon eenheid is baie sentraal geleë, stapafstand van die sorgsentrum, restaurant, swembad, tennisbane en baie meer fasiliteite om van te droom.

Skakel my vandag om nie hierdie droomwoning te mis nie!

  • Pool
  • Retirement Property
  • Study
  • Patio
  • Sectional Title
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed
  • Flooring: Tiles

Request property details from We R PR1ME

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent