BondPragtige aftreewoning te koop in Die Oog Aftreelandgoed.
Hierdie gerieflike, lae-onderhoudwoning bied privaatheid en is strategies geleë naby die sorgsentrum, swembad en restaurant.
Die huis beskik oor ’n ruim oopplankombuis wat naatloos na die sitkamer vloei. Die kombuis spog met houtwerkblad-afwerkings, oorgenoeg ingeboude kaste en ruimte vir ’n lugbraaier, mikrogolfoond en yskas.
Die hoofslaapkamer is ruim genoeg vir 'n dubbelbed en het volop kasruimte, terwyl die tweede slaapkamer gerieflik plek bied vir twee enkelbeddens. Die badkamer is volledig toegerus met 'n bad, toilet en wasbak.
As 'n spesiale bonus is daar 'n groot, toegemaakte lapa wat tans as 'n ekstra leefarea ingerig is. Dit bied maklik plek vir 'n sitkamerstel, kaste en selfs 'n dubbelbed vir wanneer die kleinkinders kom kuier.
Die eiendom beskik ook oor 'n enkelmotorafdak.
Die Oog Aftreelandgoed bied 'n unieke, aktiewe leefstyl vir persone bo 50 wat die tradisionele aftree-oord wil vermy. Met sy rustige Bosveldomgewing, warm klimaat en uitstekende fasiliteite, fokus die landgoed op aktiewe veroudering met volledige ondersteuningsdienste.
Kontak my vandag nog om jou plek in die Bosveld te verseker!