Back

Farm For Sale in Carnarvon

Carnarvon, Northern Cape
R 5950000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Farm
Erf Size 4730 ha
Levies R 0
Listing Date July 27, 2020
Floor Size NA
Rates and Taxes R 0
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Hierdie 4730-hektaar Karoo plaas is gelee in die middel van `n denkbeeldige driehoek tussen Vosburg (80km), Prieska (100km) en Carnarvon (83km).

Jaarlikse reenval is gemiddeld 200mm gedurende die somer- en herfsmaande. Die amptelike drakrag is 32ha/ GVE (Grootvee Eenheid) of 886 kleinvee waarmee suksesvol geboer kan word. Die plaas is geskik vir bees- en skaapboerdery.

Natuurlike weiding bestaan uit 25% natstoot leegteveld, 75% rante en plato met gemengde bossieveld en baie boesmangras gedurende goeie reenjare. Die weiveld is in goeie toestand met digte bossiestand.

Die goed beplande boerdery infrastruktuur bestaan uit 11 binnekampe en die plaas is in totaal toegespan met jakkalsproef wat ten volle geelektrifiseer is. Die binneheinings, bestaande uit 6-7 gladde drade, is deurlopend goed onderhou in in goeie toestand. Verskeie krale is strategies opgerig om die bestuur te vergemaklik sodat die vee nie ver ente moet trek om bymekaargemaak te word nie. Die gerieflike laaibank is by die krale by die opstal. Die 9 x 12-meter skuur is in goeie toestand. Daar is ook 3 netjiese arbeidershuise.

Voldoende water word verkry vanaf 7 windpompe, 2 sonpompe, drie gronddamme, 7 watertenks en 3 reservoirs. Die 25 lewendehawe watersuipings voorsien 2 tot 3 waterpunte per kamp.

Die ruim woonhuis is in goeie toestand. Daar is 4 slaapkamers, een en 'n halwe badkamer, TV kamer, sitkamer, eetkamer, braaikamer, kantoor, kombuis en spens, sonkamer, voor- en agterstoep.

Die verkoper is geregistreer as `n BTW ondernemer. Die plaas is te koop vir R 5 950 000.00, BTW uitgesluit.

  • Staff Accommodation
  • Store Room
  • Freehold
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed

Request property details from Agrisell

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent