Hierdie is 'n besonderse mooi Karooplaas met sy ranteveld en leegtes.
Totaal omhein met 1.6m jakkalsproef draad, wat d m v ’n sonkragstelsel geëlektrifiseer is.
Genoegsame waterbronne uit sonpompe en windpompe met suipings in al die kampe.
Weidings: Gemengde bossieveld en karoograsse, insluitend boesmansgrasse en pionierstipes.
Witgat bome wat dekades oud is.
Uitstekende infrastuktuur en omheining.
Gerieflike ruim plaashuis.
Sonkrag van 6kVA met windlaaier van 20kVA.
Binneplaas - 14 km vanaf hoofpad.
Drakrag: 1:32 GVE of 1:6-7 KVE.
Reënval: 150–200 mm per jaar