Grootte: 9 669 ha
Ligging: Ongeveer 65km vanaf Kliprand, rigting Pofadder.
Die plaas is geleë in ’n somerreënval gebied.
Die plaas is verdeel in 15 kampe en is beplan volgens die plantegroei van die plaas.
Al die kampe is met water voorsien uit drie boorgate en ’n put.
Die kwaliteit van die water is oor die algemeen goed.
Die boorgate het almal windpompe wat in ’n werkende toestand.
’n Derde van die plaas is omhein met elektrisiteit.
Die res van die plaas het gewone “stock proof” wat in ’n redelike toestand is.
Die plaas beskik oor ’n drie slaapkamer woonhuis wat aandag kort.
Motorhuis en enjinkamer.
Besigtiging slegs per afspraak