Back

Farm For Sale in Williston

Williston, Northern Cape
R 6445000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Farm
Erf Size 4034 m2
Levies R 0
Listing Date April 17, 2024
Floor Size NA
Rates and Taxes R 0
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Plaas van 4034 Ha, 40 km vanaf Williston in die rigting van Brandvlei.

Die plaas word tans verhuur met 'n beperking van 500 kleinvee eenhede.

Die grootste bate van die plaas is 'n wye leegte met bos- en gannaveld wat oor 'n groot gedeelte van die plaas loop. Waar dit aansluit by 'n groter leegte is 'n opgaardam met 'n bladoppervlak van ongeveer 2.5 Ha.

Onderkant die dam is meer as 4 Ha wat voorheen gebruik is vir droeland lusern.

By die opstal sluit 'n derde leegte by die eerste twee aan. Hierdie leegte word ook gevoed deur 'n sterk fontein op die naburige plaas. Buiten tydens strawwe droogtes, is hierdie leegte byna nooit droog nie.

Die res van die plaas het bossies afgewissel met boesmangras.

Ongeveer 2 km van die Sakrivier vloei deur die plaas. Die rivier het vir hierdie gedeelte 'n vloedvlakte van ongeveer 500 m wyd en twee standhoudende watergate.

Die plaas is verdeel in 10 kampe, bedien deur 4 windpompe in die veld.
Daar is 'n kleiner kamp met 3 windpompe by die opstal, en 'n versinkte boorgat.

Die woonhuis is tans onbewoon.
Die buitegeboue bestaan uit 'n skeerhok/garage met krale asook 'n dubbelwaenhuis met agterstoor, 'n kolestoor en 'n werkskamer.
Daar is een Arbeidershuis wat van tyd tot tyd bewoon word.

  • Staff Accommodation
  • Freehold
  • Pets Allowed

Request property details from Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Western Cape

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent