Back

Farm For Sale in Leeu Gamka, Prince Albert

Leeu Gamka, Prince Albert, Western Cape
R 8500000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type Farm
Erf Size 3451 ha
Levies R 0
Listing Date June 16, 2022
Floor Size NA
Rates and Taxes R 0
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Hierdie 3451 ha plaas is 13 km vanaf Leeu Gamka gelee en bestaan uit twee Transport Aktes. Opgedeel in 5 weidingskampe met 3 windpompe wat veewater voorsien. 'n Droe land met 'n sterk boorgat en eie Eskom transformator bied die ideale geleenthei vir groentesaad verbouing. Die topografie is merendeels vlakteveld met vlak leegtes waarin soetdoring bome en struike voorkom. Die vlaktes is baie grasryk.

Menige reisiger deur die Karoo se oop vlaktes was al verras met die verkeidenheid plaas produkte, ingelegte vrugte en groente van plaaslike kontrei wat by die Padstal te koop aangebied word. Daagliks word vars roosterkoek gebraai n saam met 'n verskeidenheid vulsels aangebied. Ligte etes word aangebied met roosterbrood, koffie en tee.

Die padstal is 'n bekende landmark langs die besige N1 en wat ook aftrek en staanplek vir vragmotors bied en die kliente basis van die Padstal aanvul. 'n Groot voordeel van die aanbod is dat die Padstal 'n adisionele inkomste bied aan die plaas.

Die padstal en hoofhuis het 'n tweede Eskom transformer. Op die eiendom bestaan die geboue uit 'n woonhuis, die padstal, bestuurders huis, arbeidershuis, 2 skure en 'n skeerhok. Die 4 slaapkamer woonhuis in 'n redelike goeie toestand.

Die plaas en Padstal word as 'n lopende saak aangebied teen R8 500 000.00

  • Store Room
  • Freehold
  • Security Features
  • Sea View
  • Pets Allowed

Request property details from Agrisell

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent