4-slaapkamerhuis te huur in Adendorp
Rustige plattelandse leefstyl met berg-uitsigte
Hierdie ruim en goed-uitgeruste familiehuis is beskikbaar te huur in die stil dorpie Adendorp, net buite Graaff-Reinet. Die huis bied ’n rustige leefstyl met pragtige uitsigte op die omliggende berge, insluitend die ikoniese Spandouskop.
Die eiendom bied:
4 ruim slaapkamers
2 badkamers, insluitend ’n en suite vir die hoofslaapkamer
’n Groot sitkamer – perfek vir gesinslewe en vermaak
’n Ruim kombuis met ’n gasstoof en baie werkruimte
Gas geyser vir energiedoeltreffende warm water
Prepaid elektriese meter – beheer jou verbruik maklik
Enkelmotorhuis
Heerlike braai- en kuierarea vir die somersaande
Adendorp is ’n karaktervolle dorpie met ’n eg plattelandse gevoel, en is omring deur asemrowende Karoo-bergreekse. Hierdie huis is ideaal vir ’n gesin, aftreepaar of enigiemand wat wil ontsnap na die vrede van die Karoo.
Moenie hierdie geleentheid misloop om ’n huis te huur in een van die mooiste dele van die Oos-Kaap nie.