Back

3 Bedroom House To Rent in Erasmusrand, Pretoria

Erasmusrand, Pretoria
R 15300
Property Type House
Erf Size 1983 m2
Levies R 0
Listing Date August 20, 2022
Floor Size NA
Rates and Taxes R 0
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Hier het ons n baie skoon, netjiese en veilige ongemeubeleerde woning met noordelike aansig, in n baie stil omgewing, waar die gemeenskaplike tuin/park met ander huurders gedeel word. Die verblyf is ideaal vir n maksimum van byvoorbeeld 2 volwassenis en 2 kinders, of selfs n ouer paar, of twee ouer dames. Dit gaan oor veiligheid.

Die baie groot Hoofslaapkamer En-suite, met ondervloer verhitting, het heelwat ingeboude kaste, en is alternatiewelik ook ideal as n Sitkamer (met eie TV-skottel/LNB-sein-verbinding), met Gaste-badkamer, (indien byvoorbeeld slegs 2 volwasse persone in die woon-geleentheid sou belangstel).

Plus 2 groot Slaapkamers met ingeboude kaste, elk groot genoeg vir n dubbelbed en n spieelkas, en hierdie kamers het ook n vol Badkamer wat hulle komplimenteer;

Plus n studeerkamer, met voorportaal, wat ook as n sitkamer of as n TV-kamer gebruik kan word.

Die groot Kombuis het talle ingeboude kaste, met groot graniet-werks-oppervlaktes, met gas en elektriese stowe/oonde, met n groot granietblad-ontbyt-tafel, en n Spens, en n lekker groot Opwas-kamer met talle ingeboude kaste, en n was-trog, met baie plek vir wasmasjiene en droers.

Vir n addisioneele R1000 p/m, kan selfs n verdere kamer, met n gas-kaggel, ook ingesluit word, wat alternatiewelik ook as n TV / Sitkamer of Studeerkamer gebruik kan word, met ook n eie verdere afsonderlike TV-skottel/LNB-sein-verbinding.

Die huis en erf is met mure omhein, met n Alarm beveilig, met Pasiewe-vroee-waarskuwing-IR-buite-sensors en Sekuriteitsligte, alles alreeds aan n Gewapende Reaksie maatskappy gekoppel, met fooie wat proporsioneel gedeel kan word, (n buurtwag-stelsel/afgesperde-gebied is tans in wording).

Water, Elektrisiteit, Vullisverwydering, en Sanitasie word proporsioneel aan aantal persone bereken.

Tuindienste is ingesluit by die huur, en word deur die eienaar self bestuur.

Omdat huurders die tuin deel, is troeteldiere jammerlik nie prakties nie. Die tuin is n park met fonteine en standbeeldjies, en vele voels en selfs hase vanuit die omgewing.

Dubbel-Motorhuis met elektriese deur, en elektriese hekke met afstandbeheer.

Lapa en Braai, wat gedeel word, met vooraf toestemming van die eienaar.

2 Jo-Jo Water-Tenks, wat met reenwater bydra tot water vir tuin, was en ander doeleides.

Die okkupasie-datum kan met die Eienaar bespreek en bevestig word.

Moenie huiwer om Lawrence te skakel om 'n afspraak te kan reel om die woning te jan besigtig nie.

  • Lease period: 12 months
  • Sectional Title
  • Laundry
  • Flooring: Carpet / Tiles
  • Fully Walled

Request property details from Huxham Properties - Head Office

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent