Ek is Gerald Botha, ’n entoesiastiese en doelgerigte eiendomsagent met ’n sterk landbou-agtergrond en ’n passie vir eiendom, landbou en die bou van langtermynverhoudings.
Met my landbou-agtergrond beskik ek oor eerstehandse kennis van die landboubedryf en verstaan ek die waarde van grond, asook die unieke behoeftes van kopers en verkopers.
Ek spesialiseer in landbou- en residensiële eiendomme regoor die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal.
My benadering is gebaseer op eerlikheid, integriteit en persoonlike diens.
My doel is om nie net eiendomme te verkoop nie, maar om vertroue te bou en elke kliënt professioneel deur die koop- of verkoopproses te begelei.