Back

Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Eastern Cape

Christo Kleynhans - Jlqd.webp
Christo Kleynhans Agent - Cradock

My naam is Chriso Kleynhans en ek is sedert 2012 'n trotse inwoner van Cradock, 'n pragtige dorp met 'n ryk geskiedenis en 'n spesiale plek in my hart. Ek is tans 'n aktiewe lid van die span by Lewende Hawe en Veilings, wat deel is van BKB. Dit is 'n opwindende en dinamiese omgewing waarin ek werk. Home & Hectare vorm deel van ons portefeulje en ek is trots om deel te wees van hierdie span.

In 2015 het ek my loopbaan as 'n eiendomspesialis begin, sonder om te besef dat hierdie stap my na 'n opwindende en vervullende reis sou lei in die verkoop van plase. Dit is 'n veld wat my passievolle belangstelling het, omdat ek nou aktief met die hardwerkende boere in ons gemeenskap kan saamwerk. Ek beskou dit as 'n eer om hulle te ondersteun in die koop en verkoop van plaase, en ek is altyd gereed om my kliënte te help met enige plaas- of dorps-eiendomsbehoeftes.

Ek waardeer die vertroue wat my kliënte in my stel, en ek verseker hulle van my professionele diens en toegewydheid ten alle tye.