Back

Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Free State

Annelize Heyneke - rmA5.webp
Annelize Heyneke Agent - Free State

As boorling van Potchefstroom het ek in 1990 aan Hoër Volkskool gematrikuleer en het daarna 'n diploma in Voedselsdiensbestuur aan die Vaaldriehoek Tegnikon verwerf. Ek en my man het in 1996 na Douglas verhuis waar ons steeds woonagtig is. In 2008 het ek myself as eiendomsagent bekwaam deur die eertydse raadeksamen suksesvol af te lê. Dit is gevolg deur die NQF4, asook die PDE eksamen en sodoende het ek volstatus as agent bereik. My jare in die gasvryheidsbedryf was 'n goeie leerskool en ek het geweldig baie mensekennis opdoen. Dit dien natuurlik as platvorm in die bedryf waarin ek my tans bevind. Ek spits my toe op die bemarking van residensiële eiendom in Douglas en wil hê dat kliënte my as toeganklik, eties, hulpvaardig en profesioneel ervaar. Graag staan ek kopers en verkopers by, ten einde 'n positiewe koop- en verkoopservaring te verseker.