Back

Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Free State

Frans Bezuidenhout - Zi1S.webp
Frans Bezuidenhout Agent - Free State

My naam is Frans Bezuidenhout en ek is oorspronklik van die plattelandse dorp, Hertzogville, in die Wes-Vrystaaat. Ek was vir 24 jaar 'n plaasbestuurder in die Hertzogville distrik en het in hierdie tydperk verskeie toekennings ontvang, onder andere die nasionale mielieboer van die jaar. Die buitelewe lok my en ek geniet jag en om tyd saam met my gesin in die natuur te wees. En ek is mal daaroor om met mense te werk. Ek was voorheen vir 10 jaar by GWK Properties voordat dit Home & Hectare geword het en ek spesialiseer in die Suid- en Wes-Vrystaat asook die Bloemfontein omgewing.