Back

Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Free State

Rudi Malherbe - CSmq.webp
Rudi Malherbe Agent - Free State

Ek is Rudi Malherbe en het groot geword in Hertzogville, waar ek tans nog woonagtig is. Voorheen het ek 'n John Deere agentskap, twee vulstatsies en 'n groothandel brandstofbesigheid bestuur. In my vrye tyd geniet ek die natuur, buitelewe en betrokkenheid in die gemeenskap. My stokperdjies is jag, gholf, my deeltydse beesboerdery en sosiale samesyn. Wat ek die meeste van my beroep geniet is die interaksie met, en diens aan kliënte en om buite in die natuur te werk. Alhoewel ek eers onlangs hierdie beroep betree het, het ek lank reeds 'n passie daarvoor gehad. Vandag spesialiseer ek in 'n gemengde boerdery area wat vanaf Bothaville/Wesselsbron tot in Christiana/Boshof strek en sluit besproeiing, droë lande en weidings in.