Back

REDZetc Western Cape

Steve van der Spuy - dt7S.webp
Steve van der Spuy Candidate Property Practitioner

Steve, gelukkige eienaar van 'n eiendom in Suiderstrand sedert 2005, woon sedert Februarie 2017 permanent op Suiderstrand. Hy was die afgelope twaalf jaar prinsipaal van Laer Gedenkskool Danie Theron te Carletonville, Gauteng. Hy het besluit om 'n nuwe uitdaging aan te pak en sy gewig in te gooi by REDZetc Eiendomme. Tans fokus ek my aandag toe op die eksklusiewe bemarking van eiendomme te Suiderstrand alhoewel ek ook eiendomme in Agulhas en Struisbaai bemark.

SUIDERSTRAND - Die mees suidelike strandgebied van Suid Afrika, is 'n veilige vesting vir 'n uitgesoekte groepie gesinne. Die totale area van hierdie eksklusiewe woongebied van Kaap Agulhas beslaan ongeveer 1.4 vierkante kilometer omring deur die Agulhas Nasionale Park. Uiteraard is die ingesteldheid van inwoners in hierdie gebied absolute bewustheid van, liefde vir en bewaring van die ongeskonde natuur.

Die spoelklipstrand bied aan inwoners en besoekers 'n unieke luisterervaring na die stem van die oseaan terwyl die talle rotspoele n onbesryflike verskeidenheid van seelewe huisves.